Robyn het alles wat ‘n meise kan begeer. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ‘n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ‘n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Maar sy is nie seker of sy verlief is op hom nie.
Op hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ‘n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ‘n geheim in hom gedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters geleer het.
Die gevoelens wat Robyn vir Conner begin ontwikkel het, is gewoon ‘n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie.
Toe gebeur die ondenkbare…