My sabbatsreis was ‘n helnag in die hemel. Om dit te verwoord, het my ontbloot. Maar die dwingende behoefte om in my eie spieel te kyk, was nog nooit groter nie. Wat ek gesien het, het my laat terugdeins. En tog, gaandeweg soos die mislaag weggetrek het, het ek agter my in die spieel ‘n see van gesigte gesien. Soekers, soos ek. Verlorenes. Blindes en heldersiendes. Vervloektes en geseendes. Almal nes ek. Sodat ek nie anders kon nie, as om midde-in die spieelskare in te stap. Dalk was die essensie van die lewe iewers in die menigte. Soek ek nie daar nie, sou ek nooit weet nie…….
Annelie Botes