Al raak sy nie juis besonder opgewonde oor hom nie, is dit tog vir die sewentienjarige Gabrielle lekker dat sy en Cobus gekys is. Hulle verstaan mekaar en hulle hoort bymekaar. Natuurlik gee dit ‘n mens ook ‘n sekere status. Cobus is darem hoofseun en glad nie onaansienlik nie.
Maar toe sy vir Henri leer ken, weet sy dat sy Cobus nooit regtig liefgehad het nie.
Elke tienermeisie sal haar so in Gabrielle se opstandigheid en vrolikheid en hartseer en liefde kan inleef, dat Somernagdroom ‘n haas onvergeetlike boek sal word.