Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van haar besigheid se takke in Kaapstad te gaan regruk.
Daar ontmoet sy, soos die noodlot dit wil hê, weer vir Hannah, wat ‘n bietjie meer as net ‘n vriendin was tydens haar universiteitsdae.
Gaan sy en Hannah ‘n veilige sypaadjie wees, of ‘n glibberige, maar opwindende, afdraaipad?