“Wow, maar dis mooi! Ek het nog nooit so ‘n kamer gesien nie,” se Vaselinetjie. “Kyk net al die blink materiale!”
Puck glimlag breed.
Weerskante van die bed is tafeltjies met lanternlampies. Teen die een muur is stapels tydskrifte en bo-op elke stapel staan ‘n paar van die modste en hoogste spike-heeled shoes wat Vaselinetjie nog ooit gesien het.
Puck maak die klerekas oop. “Try dit…en dit,” gee sy vir Vaselinetjie uitrustings aan.
Die res van die middag speel hulle model-model. Puck grimeer Vaselinetjie se gesig en hulle oefen om met Maud se skoene te loop.
“Dis een van die lekkerste dae van my lewe”, lag Vaselinetjie. Maar dit bly nie lekker nie. Toe Maud terugkom, se sy:”Lolita, aangesien julle bokkies hier rondhang asof dit vakansie is, dink ek dis tyd dat jy vir jou ‘n outfit uit my kas bymekaarsit. Dis sulke tyd, pet!”
“Wat bedoel jou ma met sulke tyd?” vra Vaselinetjie later vir Puck. Maar Puck draai van haar af weg en wil nie gesels nie.