Toe Ferdinand bykom, lê hy op die naat van sy rug. Hy kyk na die dowwe sterre en die volmaan wat rond en rooi bokant hom hang. Hy het in die lig ingeloop. Dis al wat hy kan onthou.
Hy kom stram orent, draai sy kop heen en weer en roer sy skouers.
Skielik ruk sy kop op. Dit was dan netnou sekelmaan. Hy soek die Suiderkruis. G’n teken daarvan nie. Wat op aarde…?