Nancy klap haarself teen die wang. Sy sit tot onder haar ken toe in die water, vasgedruk op die agterste sitplek van ‘n motor op die bodem van die Miami-rivier. Sy moet net wakker bly. Anders sal sy sterf….
Dit is ‘n Saterdagmiddag, rustig en stil. En toe, eensklaps gebeur dit en sy moet veg vir haar lewe. Die ware verhaal van ‘n jong meisie se moed en die deursettingsvermoe van die dapper mans wat alles in die stryd werp om haar te red.