Die Liebenbergs van Groen Heuwels is ‘n groot, vriendelike en soms maar lawaaierige familie. Rian Roux is onseker of sy stil dogter by die lewenslustige familie sal kan aanpas, maar gelukkig het Rita iets groots in gemeen met die Liebenbergs, naamlik ‘n besonder sterk liefde vir perde.
Die ryskool op Groen Heuwels trek ook gedurig besoekers van die stad en buurplase, sodat die familie soms nog groter en wanordeliker voorkom as wat dit werklik is. By hierdie atmosfeer pas Rita haar besonder goed aan, sonder om enigiets van haar eie persoonlikheid prys te gee.
Saam met die Liebenbergs maak sy baie avonture mee, en wanneer dit by terglus kom, kan sy ook haar man staan…