Sedert Hilary van haar eksman, Eric, geskei is, het sy alles in haar vermoe gedoen om ‘n goeie lewe vir haar en haar seun, Seth, te skep.
Na afloop van die eksamen gaan Seth en sy vriende op ‘n kamp en daar gebeur iets wat dreig om Hilary se drome vir haar seun te vernietig.
Daar is reeds spanning tussen Hilary en Pamela, Eric se nuwe vrou – en hierdie gebeurtenis dryf dit op ‘n spits…vir die eerste keer moet hierdie twee vroue saamstaan…




