Soms het ‘n mens net ‘n bietjie perspektief nodig…’n aangrypende verhaal van eenvoudige wysheid.
Armoede. ‘n Huwelik op die rotse. Ouderdom. Verlore drome. ‘n Besigheid op die randjie van bankrotskap. ‘n Onseker toekoms. Vir die inwoners van Orange Beach, Alabama, is hierdie desperate situasies ‘n werklikheid. Hooplose, dorre plekke met geen kans op verandering nie.
Maar vir ‘n ou swerwer genaamd Jones met die gawe om dinge raak te sien wat ander miskyk, bestaan daar nie iets soos ‘n doodloopstraat nie….



