Ilke is een van die min vroue wat agter die stuur inskuif vir die twee weke lange Buenos-Chili-tydren oor ruwe en onherbergsame terrein. Aan die begin is daar nie juis oorweldigende vertroue in haar vermoe nie. Veral een Suid-Afrikaanse kameraman in die span wat die ren verfilm, is skepties. Christiaan raai haar trouens af om die rit aan te pak.
Maar vir Ilke is dit meer as ‘n tydren. In Suid-Afrika het sy sewe jaar gelede van naladigheid probeer vlug wat op haar spoor bly.
Christiaan is die eerste mens waarmee sy uiteindelik daaroor kan praat. En hy het reeds haar hart in sy hande toe hy haar vertroue skend.