Catherien gaan spreek die sexy Josh oor sy boekbekendstelling, maar is so siek dat sy in sy huis moet oornag. Dis toe dat Josh die skoenlappertatoe op haar baie begeerlike boud raaksien en sy hart onwetend verloor…
Nie een van hulle stel in ‘n verhouding belang nie, hoegenaamd nie. Wat tussen hulle is en gebeur is bloot vlietend en heerlik opwindend maar beteken absoluut niks. Die idee om “saam” te wees is verbode grond, al smag hulle elke dag al meer na mekaar.
Toe die ondenkbare gebeur en hulle dit waag om te kyk of daar tog iets tussen hulle kan ontwikkel, loop dit so hittete op ‘n ramp uit…