Franci moet dringend ‘n man kry om ‘n vennootskap by haar werk te bekom, maar vir ‘n bleeksielmeisiekind soos sy is dit byna onmoontlik. En toe kruis haar pad met die van die superaantreklike Gavin…Hy moet weer blitsig ‘n vrou kry om ‘n wildsplaas te erf.
Om mekaar uit hul onderskeie dilemmas te help besluit hulle om vinnig te trou. Dit is immers net ‘n skynhuwelik, dan nie? En al is dit nie regtig nie, moet hulle darem minstens die soenstorie ernstig opneem – en ook die intieme dansery…
Boonop is daar ook twee slange in die gras – Kevin en Corlia – wat probeer om die kammahuwelik te kelder. Was die skynaffere nie van die begin af gedoem nie, of was die “skyn” al die tyd die ware Jakob in kamofleerdrag?