Igna, Ani se baas by die nuwe firma, is ‘n droomman, maar nie een van hulle stel belang in ‘n verhouding of trou nie. Hulle geniet wel mekaar se geselskap, wat – bloot platonies, natuurlik – ook passievolle soene insluit.
Ani kan nie verstaan waarom sy so ‘n weersin het in die sexy Salome, wat alewig haar flikkers by Igna gooi nie. En Igna is hoogs geirriteerd met Flip. Ani se ou vriend.
Na ‘n werkstoer in Chili gee Igna vir Ani twee uitsonderlike geskenke. Sy het tien dae om die betekenis daarvan te oordink en daarop te reageer. Is sy gereed om haar hart op die spel te plaas?