Anje gaan werk as persoonlike assistent vir Brad, wat blind is. Sy sku weg van mans nadat haar oorlede man haar mishandel het, en Brad met sy verskerpte sintuie besef iets is nie pluis met haar nie.
Tot haar ontsteltenis kry Anje vir Brad lief, maar daar is vir hulle geen toekoms saam nie, want sy kan nie kinders he nie en hy begeer ‘n spannetjie van sy eie. Boonop is die beeldskone Vanessa, Brad se eksverloofde, ook lewensgroot in die prentjie en maak geen geheim daarvan dat sy Brad weer wil inpalm nie.
Toe Brad sy sig herwin, besluit Anje om die aftog te blaas, want Brad het haar nou nie meer nodig nie. Maar daar wag ‘n groot verrassing op haar, want Brad wil haar ‘n meer permanente “pos” aanbied.