Die vertellings in Brandoffer is gegrond op bestaande literatuur, persoonlike mededelings aan die skrywer, sy navorsing in die Oorlogmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein, en oorlewerings binne sy familie. Dit bied ‘n verskeidenheid gesigspunte, maar die klem val op die stemme van vroue in oorlogsverwildering – hul ontbering en geestelike moed. Ontroerend sober word uitgebeeld hoe vroue en kinders aan die plunderaars van plase uitgelewer was; hoe hulle as ‘n skild vir die Engelse soldate moes dien tydens aanvalle; hoe die Engelse vrou Emily Hobhouse die verslae en verarmde Boervroue kom bystaan en besiel het; en hoe hulle alles in die stryd moes werp om die konsentrasiekampe te oorleef.
Afrikaans, History, Non-Fiction
Brandoffer
R70.00
Author: Dolf van Niekerk
Condition: Used – Good
Availability: 70 in stock





