Jennie Blake het ‘n teorie oor die lewe: groot besluite loop nie altyd op iets groots uit nie, maar dit is die klein besluite wat dikwels alles verander. Haar teorie bleik waar te wees die somer toe sy besluit om ‘n pennie van ‘n sypaadjie op te tel. So fnuik sy diefstal, kry ‘n werk en ontmoet iemand wat haar lewe verander – mej Shaw. Hulle vorm ‘n hegte vriendskap en albei konfronteer die geheime uit hul verlede wat dreig om hulle te vernietig.
Die pennie is gegrond op gebeure in Joyce Meyer se lewe. Ontdek hoe God in die kleinste besonderhede werk – selfs in iets soos ‘n klein pennie.




