,

Die Verste Reis

R100.00

Author: Elsa Joubert

Condition: Used 

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout
In Die verste reis (gepubliseer in 1959) beskryf Elsa Joubert die voortsetting van die reis wat deur
Afrika geloop het na Europa. Interessant genoeg begin hierdie reis met ‘n gevoel van teleurstelling by die aanskoue van Rome se antikwiteite nadat sy pas vantevore Egipte ervaar het: “‘n Mens moenie van Egipte reguit na Rome kom nie”, is haar gevolgtrekking (p.12). Die titels van die hoofstukke in hierdie reisbeskrywing laat blyk alreeds dat die aksent van die vertelling nie soseer op die landskappe en toeristiese aantreklikhede van Italië, Switserland, Frankryk, Spanje en Portuga lgaan val nie, maar eerder op die mense en hulle verhale wat die reisiger leer ken (vgl. titels soos “Twee Julia’s en ‘n Romeo”, “Graffie vir ‘n kat” en “Die liefde van Madame” wat elk sinspeel op ‘n vertelling gekoppel aan ‘n menslike situasie). Die aard van hierdie reisbeskrywing word bevestig deurdie slotparagrawe waarin sy besin oor die dryfvere onderliggend aan die reis. Uit hierdie besinning
blyk dit dat die verlokking van die vreemde nog steeds ‘n faktor is (“alles wat vreemd is op dielandkaart lok my”, bevestig sy – (p.159), maar dat hierdie vreemde nou gevind word in ander mense.
Haar uiteindelike konklusie is dat die “verste reis wat ‘n mens kan maak…van mens tot mens, deurdie hart” is (p.160). Deur hierdie aksent op die persoonlike sluit hierdie reisverhaal aan by die soortdiskoers wat deur ondersoekers gevind is in die reisverhale van vroue wat vanweë hulle sosiale posisie gefokus het op die persoonlike eerder as die publieke. Alhoewel hierdie reisverhaal heelwat vertel oor die persoonlike geskiedenisse van die mense wat Elsa Joubert tydens haar reis ontmoet en ervaar, word daar min van die reisiger se innerlike blootgelê. Sy neem meestal die gebeure vanaf ‘n onttrokke afstand waar en die leser kry die gevoel dat die fokus op die verhale van ander in ‘n groot  mate die aandag weglei van die reisiger se persoonlike belewing. Emosies soos verveling, teleurstelling en ontroering word wel op
gereserveerde wyse in die vertelling geregistreer, maar die reiservaring word nie as ‘n werklik
ingrypende of grens deurbrekende ervaring in die reisiger se persoonlike lewe opgeteken nie. Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die konvensies van die reisverhaal wat bepaal dat daar nie te diep
onder die toeristiese oppervlakke gedelf moet word nie, dat ‘n weergawe van uiterlike eerder as innerlike avonture gegee moet word, dat die fokus na buite eerder as na binne gerig word en dat daar –
veral vir ‘n Afrikaanse leserspubliek in die vyftigerjare – nie ongemaklike politieke afleidings gemaak word nie. In teenstelling hiermee kom die reis as ingrypende en grensverleggende ervaring egter wel aan die bod in die roman.
Shopping Cart