‘n Ma stuur haar kind skool toe met die bus.
Ouers sien hul kind af wat na ‘n vreemde land toe vertrek om in die oorlog te gaan veg.
‘n Vrou stap deur ‘n gevaarlike deel van die dorp om by haar werk uit te kom.
Al hierdie mense het beskerming nodig!
Die wereld is nie ‘n veilige plek nie en ons het almal voortdurende beskerming nodig – by die huis, by die werk en op pad. Daar is baie Skrifgedeeltes waarin God gelowiges belowe dat Hy ons kan en wil beskerm.




