Gesinne vir God is ‘n gesinsjoernaal wat op aktuele temas fokus. Die 52 onderwerpe – een vir elke week van die jaar – word in ses afdelings ingedeel, naamlik, Ouers en kinders, Geloof en gesin, Kommunikasie binne die gesin, Die gesin as span, Die gesin se leefwereld en Gesinskrisisse.
Elke gesprek word aangevul deur ‘n aanhaling. Bybeltekste , ‘n gebed, praktiese wenwenke en nadinkruimte vir julle verbintenis, mikpunte en gebedsversoeke as gesin.
Die spilpunt van Gesinne vir God is sinvolle kommunikasie: Maak tyd vir mekaar, gesels met en luister na mekaar. Ervaar die vreugde daarvan om as gesin met die Verlosser te kommunikeer.