Joernaal van ‘n anoreksielyer
Aniel Botha was sewentien jaar oud toe sy met anorexia nervosa gediagnoseer is.
‘n Dans met die Dood is Aniel se aangrypende beskrywing van die ses weke wat sy in die eetsteurnisafdeling van ‘n hospitaal moes deurbring. Van die ander pasiente wat sy daar ontmoet het. Niks word verswyg oor haar pynlike reis terug van die afgrond nie.



