Carl Niehaus se intens deurvoelde verhaal van die lang pad van selfontdekking en worsteling wat hy moes loop om helderheid te kry oor sy plek as Afrikaner en Christen in Suid-Afrika.
Op openhartige wyse vertel Niehaus van sy kinderjare op Zeerust en die hegte bande met sy ouers en familie wat al die krisisse van byna twee dekades moes deurstaan het. Hy vertel van sy studente-vriendin Jansie, wat later saam met hom aangekla is en met wie hy in die gevangenis getroud is.



