Ton Vosloo is een van die mees gerekende koerant- en sakemanne in Suid-Afrika. Onder sy leiding het Naspers gegroei van ‘n Suid-Afrikaanse gedrukte mediamaatskappy tot ‘n internasionale mediareus met uitgebreide belange in lande soos China, Rusland, Pole en Brasilie.



