Padlangs na Londen is ‘n reisjoernaal wat deur Andri en Rian du Toit geboekstaaf is oor ‘n reis met hulle Land Cruiser wat vanaf die mees suidelike punt in Afrika, Kaap Agulhas, tot die mees noordelike punt, Cap Blanc, gestrek het.
Ondanks vrees vir siektes soos malarie en bilharzia vir hulle twee jong kinders was daar deur die hele toer van 162 dae en 31 031 kilometer net twee pap bande gekry en geen siektes nie!
Padlangs na Londen is ‘n handboek vir mense wat beplan om dieselfde toer te onderneem – dit is propvol inligting.