Ek is vier en veertig dae en vier en veertig nagte gelede tot koningin van diamante gekroon, dink Riana. Sy kyk in die spieël en sien oë waaruit die glans van lewe gewyk het, sy sien gesigvel wat die moegheid van haar gees reflekteer, sy sien die haatlike tekens van moedverloor…Maar ek is mos die Queen of diamonds. Dit troos, hoor. As jy niks is nie, troos hierdie soort status. Jammer dit klink so gewoon in Afrikaans. Ruitevrou…
Ruitevrou is ‘n aangrypende verhaal wat op ‘n duisend manier deur tienduisend vroue beleef word.




