So tussen die storietjies en rate vir kosmakers en kampeerders maak ons kennis met die hengelaars van die “Skedelkus van die dood” … en ander lawwe mense. Soms kan jy jou selfs verbeel dat ‘n gesie of twee uit Tietiesbaai se tyd kom saamproe aan die botteltjie “oubie” terwyl die knoffelmossel en kruierys stadigies simmereer.


