, ,

Swerwer in die Herfsland

R70.00

Author: Elsa Joubert

Condition: Used – Good

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Bo-op die mure waai die wind. Dit is koud. In die verte in die bergreekse van Kreta begin die wolke al laer oor die groen hange sak. Dit reent daar. Die reis is byna verby — ‘n reis wat die skryfster en haar man deur die Weste geneem het met sy materialistiese waardes, met sy gedurige herinnering aan die botsing tussen die Ooste en die Weste — selfs in die lieflike Wenen kan jy hieraan nie ontkom nie — en die geestelike verwildering wat oorlog meebring.

Daarna die interessante, opwindende besoek aan Turkye — Istanbul met sy baie arm mense, mense wat nooit werklik ‘n kans in die Iewe gegun sal word nie, maar na wie jou hart tog in warmte uit-gaan — miskien ook omdat daar nog in hulle iets leef van die geloof in iets buite hulleself, wat hul groot volksleier Ataturk aan hulle oorge-dra het. Dan die ekstatiese ondervinding van Griekeland waar jy jou weer helend bewus kan word van tydlose waardes — waardes van die gees wat nooit vernietig kan word nie.

En nou — Kreta. Hulle staan by die eenvoudige graf van die groot skrywer Kazantsakis, met die vreemde grafskrif : „Ek het nie hoop nie. Ek het nie vrees nie. Ek is vry.”

Shopping Cart