Vir ons is Totius – prof dr JD Du Toit – die groot volksdigter, predikant, teologie-professor, volksman, Bybelvertaler, Psalmberymer en taalstryder.
Maar wat weet ons van Japie, die jong seun wat voor ‘n beroepskeuse staan? Van die jong rebel wat hom tydens die Boereoorlog by die Transvaalse magte aansluit en later na Nederland moet vlug? En van sy stryd na sy terugkoms in sy vaderland toe nie een gemeente hom wou beroep nie?
Dit is hierdie Totius wat dr D’Assonville aan ons bekend stel.



