Die uitstekende volkleur-illustrasies en eenvoudige, maar insiggewende teks bied ‘n wonderlike manier om kennis te maak met puberteit en die vele ander aspekte van grootword, en gee betroubare antwoorde op jong lesers se vrae oor die feite van die lewe.
Waar kom babas vandaan?
Wanneer sal ek reg wees vir seks?
Is dit normaal om te masturbeer?
Hoe se ek nee?
Hierdie boek bevat deeglike nagevorsde antwoorde op al hierdie en nog vele ander vrae.