“Slegs iemand wat van aangesig tot aangesig met die dood was, kan werklik dankbaar wees vir elke nuwe dag, maak nie saak hoeveel lyding dit mag bring nie”.
So praat Maria Linke, ‘n vrou wat nege jaar se gevangenskap in die strafkampe en tronke van Stalin Rusland na die Tweede Wereldoorlog beleef het.
Die buitengewone omstandighede van Maria se lewe maak die boek so boeiend en uniek.