Wie is die man agter die rooi vellies en die blink kitaar?
David Kramer se bekendheid strek wyer as die Karoo se vlaktes. Hy het volksbesit geword danksy sy wegholtreffers in die tagtigerjare en sy verskyning in etlike Volkswagen-advertensies. ‘n Dekade later bring sy musiekblyspele saam met Taliep Petersen internasionale roem met vertonings op die West End en Broadway.
Ten spyte van sy “almal se pel” – persona, is Kramer egter ‘n hoogs private mens. Die biografie onthul die fyn waarnemer en intellektueel, die man wat kan toor met Afrikaans en die rustelose kunstenaar wat gedurig smag na nuwe uitdagings. Dit verklap ook waarom hy vir ‘n tyd lank sy rooi velskoene opgehang het.