Mathys Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand in ‘n winkelsentrum in Pretoria vir fooitjies gesing het. In 1996 maak hy ‘n belangrike deurbraak met sy debuutproduksie op die KKNK…
Op 6 April 2009, op pad na die KKNK in Oudtshoorn, ry Mathys met sy geel BMW motorfiets van die pad af. Dae lank hang sy lewe aan ‘n draadjie en uiteindelik reik die Rosepark-Hospitaal ‘n verklaring uit: Mathys is verlam. Ten spyte van hierdie terugslag besluit Mathys om vorentoe te kyk en steeds voluit te leef…