‘n Liefdesverhouding wat lewenslank duur, is so seldsaam dat dit altyd die verbeelding aangryp. Waar dit ook nog die gaping van ‘n groot ouderdomsverskil verbrug is dit nog meer merkwaardig. Maria Louw en Dr DF Malan was vyf jaar verloof en 22 jaar getroud en tot sy dood toe het die liefde tussen hulle stand gehou, nee tot selfs na sy dood; want vir die nooi van Moreweg is DF Malan net na die liggaam dood.
Die Malans van Morewag prikkel ‘n mens om meer te wete te kom van sowel dr en mevrou Malan as van die ander groot figure en die gebeure wat so boeiend in hierdie boek belig word.