Nick Vujicic weet daar is geen groter hoop as om te vertrou in God se plan vir jou lewe nie. Nick is sonder arms en bene gebore en het die dieptes van wanhoop asook die nimmereindige vreugde van hoop beleef. Hy het sy omstandighede en fisiese beperkings oorkom deur die wete dat God onbeperkte krag en liefde vir elke mens het.
In hierdie 50 oordenkings deel Nick sy verstommende wysheid en Bybelse raad om jou te help om struikelblokke te oorkom rakende aspekte soos geloof, verhoudings, jou beroep, woede, gesondheid, selfbeeld en twyfel in jou drome vir jou toekoms.




