Biggie Best – Gordyne en Blindings toon deur middel van pragtige kleurfoto’s die talle maniere waarop vensters beklee kan word. Hierdie heerlike boek verskaf deskundige raad oor hoe om die vensters in ‘n huis te evalueer en spore of stokke, hofies en materiaal vir gordyne te kies. Praktiese aanwysings toon hoe om mate te neem en gordyne en bykomstighede soos gordynkappe, bo-valle, drapeervalle-en-wimpels, terugbinders, strikke en rosette te maak.



