Veertien skeppende handwerkers wys in hierdie boek hoe jy pragtige kaartjies kan maak met basiese tegnieke soos rubberstempel-, papierkrul- en kralewerk, waterverf, ponse en veel meer.
Al die projekte word duidelik geillustreer met stap-vir-stap-foto’s, en daar is hope wonderlike idees vir ervare kaartjiemakers sowel as groentjies.
Agtien tegnieke met duidelike aanwysings
Meer as 400 stap-vir-stap foto’s
Die ideale manier om nuwe handwerkvorme op die proef te stel
Kaartjies vir elke denkbare geleentheid