In die meeste boeke oor patroonmaak is die grondpatrone op gestruktueerde kledingstukke gebaseer. Phyllis Hoffman het egter uit jarelange ervaring met studente gevind dat die benadering ‘n demper op die kreatiwiteit van onervare mense plaas.
Sy het die saak vanuit ‘n ander hoek benader en patroonontwerp oor die boeg van ongestruktueerde grondpatrone, wat geen pylnate bevat nie, gegooi. Die stelsel wat sy gebruik, is op die grootste maat van ‘n bepaalde gebasseer, en die patrone word hoofsaaklik met behulp van ‘n liniaal en ‘n tekenkromme geteken.
Sy verskaf meer as 200 patrone wat wissel van rompe, lyfies, rokke en broeke tot sweetpakke, T-hemde en bykomstighede.