Bybelstudie vir omgeegroepe is saamgestel uit materiaal wat oor die afgelope jare beproef is en lesse wat goed gewerk het, is opgeneem in hierdie boek. Die inleiding verduidelik aan groepleiers hoe om hierdie handleiding op die mees effektiewe wyse te gebruik. Daar is 60 lesse wat oor elf aktuele onderwerpe handel. Elke les bestaan uit ‘n bepaalde struktuur waarin die groep geleentheid kry om terugvoering te gee oor die vorige week se opdragte, aktuele vrae en Bybelstudiegedeeltes te bespreek en tyd te maak vir gebed en onderlinge bediening. Die groot wins van hierdie boek is dat daar ‘n antwoordstel vir elke les agter in die boek ingesluit is.
Non-Fiction, Religion
Bybelstudie vir Omgeegroepe
R40.00
Author: Dirkie van der Spuy
Condition: Used – Fair/Good
Availability: 1 in stock