Eenduisend geskenke vra jou om trots, angs en beheer agter te laat en jou oor te gee aan God wat oorvloedig vir jou voorsien. Ann Voskamp nooi jou om in haar oomblikke van genade te kom deel, en leer jou hoe om op ‘n Bybelse manier te treur oor verlies en so pyn te verander in gedigte; hoe om te kies vir ‘n leefwyse wat van dankbaarheid getuig; en hoe om stadiger te leef en God in die oomblik te ontmoet.
Eenduisend geskenke moet nie net gelees word nie, maar moet gesien word as inspirasie om waarhede te ontdek wat jou ware Goddelike vreugde sal laat ervaar en jou lewe vir altyd sal verander.





