Die Prediker is seker die Bybelboek wat die meeste stoei met die vraag na die sin van die lewe. Deur al die eeue bly mense nog steeds soek na ‘n antwoord op die vraag: ” Is alles nie tog maar nutteloos nie, ‘n blote gejaag na wind?” Spreekwoorde uit die Bybelboek Prediker is volop in die omgangstaal, maar daar word eintlik min moeite gedoen om die Prediker in die omstandighede van sy eie tyd te ontmoet en dan te vra watter raad hy vir ons tyd het.
In hierdie boek doen Cas Vos juis dit. Hy lei ons in in die omgewing van die Prediker, om dan elke keer te soek na antwoorde op die wesenlike vrae van vandag.