In hierdie onortodokse en puntige boek nooi Christina Landman vroue (en mans wat braaf genoeg is!) om ‘n klompie vroue te ontmoet:
Vroue uit die Bybel, maar nie soos wat ons hulle leer ken het nie.
Vroue wat nie die Bybel gehaal het nie, maar in Bybelse tye geleef het en groot dinge het om te se.
Vroue wat na Bybelse tye geleef en geskryf het en wie se stemme nou hier weer hoorbaar word.


