Jy kan ‘n vry en gelukkige lewe ervaar
Soveel mense lyk van buite suksesvol en gelukkig, terwyl hulle van binne seer en stukkend is. Hul verlede het hulle platgeslaan, mishandel en verwond. Daar is egter hoop op innerlike genesing. Jesus het gekom om die gebrokenes van hart te genees. Hy het gekom om stukkende mense heel te maak!
Joyce Meyer weet waarvan sy praat. As kind was sy self ‘n slagoffer van fisieke en seksuele misbruik, en tog staan sy vandag aan die hoof van ‘n wereldwye bediening wat aan ander soos sy die boodskap van God se genesing bring.




