Kaptein Teyendorf is in bevel van die drywende stad, maar hy weet nie mooi wat met die vaart fout is nie. Afgesien van die geniale juweledief, sit hy met die moord op ‘n eksentrieke en besonder hupse 76 jarige dame, twee seesiek olifante wat veronderstel is om vir die passasiers te rumba, ‘n homoseksueel wat sy vriend met ‘n kelnerin verkul, ‘n goudsmid wat met ses meswonde in sy kragtige liggaam aan boord kom, en ‘n Franse laventelhaan wat dertien verwoede eggenotes met ‘n ultinatum na sy kantoor laat kom.
Daar is niks wat met ‘n luukse-vakansievaart na die Suidssee vergelyk kan word nie…