Toe Helena Dreyer gebore is, het haar vader vreugdeloos die nag ingery. Hy wou nog ‘n kind gehad het, maar nie ‘n dogter nie. Mara was reeds daar – mooi Mara wat goed kan klere maak, hom in alles gehoorsaam, hom om haar pinkie kan draai. Helena, sy dogter met die ingebore wysheid, verstoot hy eenvoudig.



