Vir Duncan Dreyer was sy vertrek na Leiden en die Rijksmuseum ‘n bevryding. Om weg te kom van die leë huis, gestroop van elke teken van die lewe wat hy saam met Janien wou gebou het. En, so het hy hom voorgeneem, nooit maar nooit weer gaan hy ‘n vrou toelaat om te na aan hom te kom nie. Hy wil nie weer seerkry nie. Tog het daar die hunkering gebly – na ‘n gesellige tuiste, na menslike warmte…
En nou staan sy hier voor hom in die geroesemoes en bedrywigheid van die grote Schiphol-lughawe.