Dis die storie van bruin Suid-Afrikaners, soos op Stellenbosch in mikrokosmos ervaar.
Van die beginjare het burgers, slawe en ‘n klein klompie vryswartes Stellenbosch saam opgebou. Saam het hulle reeds voor 1700 ‘n nuwe taal, Afrikaans, geskep. Saam het hulle op een erf gewoon – maar die slaaf moes in die kombuis slaap.
Met hierdie boek bied Herman Giliomee ‘n fassinerende blik op ons gesamentlike verlede. Slawerny en verdrukking en die skandelike “slag van Andringastraat” kom onder die soeklig.