In ‘n tyd van transformasie het ‘n mens verwag dat dinge enkelvoudiger sal wees. Maar nie noodwendig op die platteland nie: alles wat jy doen of nalaat, het politieke implikasies.
In Relaas van ‘n moord beskryf Antjie Krog met kenmerkende eerlikheid, vuur en ‘n goeie skoot self-ironie die gevoelens en ervarings van mense in die apartheids-era. Dis ‘n verhaal wat diep tref omdat dit uiteindelik nie net ‘n Suid-Afrikaanse dilemma belig nie, maar ‘n universele een.




