,

Verdwaalpad

R80.00

Author: Annetjie van Tonder

Condition: Used – Good

Out of stock

Guaranteed Safe Checkout

Millie Malan is nie wie sy gedink het sy is nie….’n Familiegeheim dwing haar om haar lewensverhaal te ondersoek, en langs die kronkelpaaie van haar geskiedenis ontdek sy die mense wat haar weer heel kan maak. Millie se rustige lewe op Dreunbaai verander onherroeplik wanneer ouma Hetta sterf en sy by die lees van die testament hoor sy moet haar erfporsie deel met ‘n vrou van wie sy nog nooit eens gehoor het nie – Cornelia Krynauw.

Boonop kan sy net nie Cornelia se aantreklike seun, Karel, uit haar gedagtes kry nie. Toe hy aanvanklik saam met die winterwind soos ‘n geheimsinnige storieboekheld by haar koffiewinkel ingewaai het, het sy gedink hy is die een vir wie wy gewag het – uiteindelik ‘n waardige maat om haar lewe mee te deel. Maar toe sy uitvind wie hy is, was die strydlyn tussen hulle getrek.

Dan kom Millie op dokumente af wat haar lewe verder deurmekaar krap: Sy was ‘n surrogaatbaba. Waar kom sy dus vandaan? Wie is haar regte ouers?

Millie se soeke na die waarheid oor haar herkoms dwing haar om gespanne verhoudings uit haar verlede aan te spreek met haar vervreemde pa, antagonistiese stiefma en die halfbroer en – susters wat sy nooit geken het nie….

Shopping Cart